wp648eb8e0_0f.jpg

Khara Hais Municipality    Webmaster

Home | Terms and Conditions | Tourism | News and Reports | Services | Tenders and Notices | Contact us

Created with Webplus

Welcome, you are visitor number

TopOfPage

Die Inwoner / The Resident

A monthly publication sent  to all residents with their services account. This publication serves as a communication mechanism between council and it's citizenz

 

Besides news the publication also contains

  List of pre-Paid electricity vending points

  List of pre-Paid Water vending points

  Meter reading program.

  Program for the dispencing of monthly indigent tokens

    

Read the latest edition

wpafae1985.png
Burgemeester, Rdl Gift Van Staden,  
wp47b3ef09.png
wpcbfec86f.png
Raadslid Ellen Allies (voor tweede van regs),Mev Momien Sulliman – Voorsitter van Wykskomitee (voor derde van regs), en Me Shirley Olyn – Gemeenskapsontwikkelingswerker (in agterste ry),  met van die bejaardes wat opgedaag het om te kom luister na hul regte en die aanmelding van mishandeling.
PROBLEME MET SABC 3  en  e-TV  SENDERS
Die Raad van Munisipaliteit //Khara Hais wil hiermee alle inwoners in die munisipale regsgebied in kennis stel dat daar tans probleme met die SABC 3 en e-TV senders ondervind word.  Hierdie probleme veroorsaak dat die beeld op hierdie kanale baie spring veral die op SABC 3.
Probleme word met die seine en toerusting by die televisietoring ondervind. Die probleme is van so ‘n aard dat dit huidig nie meer herstel of ingestel kan word deur die Elektriese Instandhouding Afdeling van die munisipaliteit nie en dat die instellings en veranderinge net deur die diensverskaffer gedoen kan word.

Die probleme is met die diensverskaffer, TX  Magic, bespreek en hulle het uitgewys dat van die toerusting uitgedien is en moet opgradeer word om die opvangs weer op standaard te kry.
TX Magic kan ongelukkig die vroegste in Augustus 2009 aandag aan die probleme gee.
Die Raad is jammer vir die ongerief en rig ’n versoek aan alle inwoners, wat nie dekodeerders het nie, om ASSEBLIEF geduldig te wees.

Vir navrae kan u die Elektrisiteitsafdeling by 054 338 7154 of Kliëntediens by 054 338 7075 skakel.
NLIGTINGSESSIE: REGTE VAN OUER PERSONE VAN WYK 3 - PROGRESS!

GCIS in samewerking met die Raadslid, Me. Ellen Allies en Shirley Olyn (Gemeenskapsontwikkelingswerker) het uitgereik na die ouer persone deur die aanbieding van ‘n program. As deel van Ouer persone maand is daar gefokus op die mishandeling en die Wet op Ouer Persone, Nr.13 van 2006. Inligting het gehandel rondom die volgende: Fisiese Mishandeling (klap; slaan; rof behandel); Seksuele misbruik; Sielkundige, emosionele en verbale mishandeling (ontneming van liefde, isolasie of verdrukking); Finansiële of ekonomiese misbruik (onwettige of oneerlike gebruik van ouer persone se toelaes, eiendomme, waardevolle items); Verwaarlosing (om te sorg en te voorsien van die basiese benodighede soos kos en klere en medikasie) en die Skending van hul menseregte (Vryheid van spraak, persoonlike privaatheid, Vryheid van denke, geloof, mening en beweging van ouer persone). Ouer persone is ook ingelig om sodanige mishandeling by die maatskaplike werkers of die polisie te rapporteer om geweld en mishandeling stop te sit. Raadslid E.Allies het ook die ouer persone in die wyk aangemoedig om enige problem wat hul ondervind na vore te bring sodat die Raad van //Khara Hais daarna kan kyk of kan verwys na die regte afdeling of department. Die ouer persone is ook na afloop met koek en koffie/tee getrakteer om te bewys dat hulle ook ‘n belangrike rol vandag in ons land speel.
OORTREDERS GAAN BEBOET WORD

Op Woensdag, 9 Desember 2009, het ‘n lid van die Parlement, Mnr HT Magama, die Munisipale Bestuurder van Munisipaliteit //Khara Hais en hul Omgewingsgesondheidsafdeling, ‘n probleem in die omgewing van die Pabalello koepeldam, ondersoek.  Oppad daarnatoe is ’n voertuig van ’n besigheid, gesien wat besig is om onwettige vullis te stort soos vele ander oortreders reeds gedoen    
het.  Dit is kommerwekend om te sien hoe besoedeling in die nie-ontwikkelende areas, (oop veld) plaasvind en mense net eenvoudig voortgaan om alle soorte vullis te stort, ongeag die impak op die natuurlike estetika en die bewaring van die natuurlike lewe.  

Alle vullis wat op onontwikkelde gebiede gestort word, wat afwaai of afval tydens die vervoer daarvan en of uit ‘n motor gegooi word, word in die lig van die wet gesien as onwettige storting en sal in die toekoms dien ooreenkomstig beboet word.  

Verder is ook gevind dat vreemde voorwerpe soos ‘n ’n volledige warmwatertoestel en tuinvullis  in die stormwaterstelsel beland wat blokkasies op die stelsel veroorsaak.  Sulke optredes is onaanvaarbaar en die publiek moet ook sulke ongeruimdhede direk aan die Tegniese Dienste van die munisipaliteit rapporteer.

’n Boete-klousule van verskeie oortredings, onder andere, onwettige storting van vullis, is opgestel deur die Raad en onlangs deur die Landdros hersien, om alle onwettige optredes wat in die //Khara Hais Munisipale regsgebied plaasvind, aan te spreek.  

‘n Lys van oortredings met strafbepalings sal op ‘n latere stadium in die plaaslike koerant gepubliseer word.

Huis- en tuinvullis moet op die dag van vullisverwydering in houers, swartsakke of in saamgebinde bondels op die sypaadjie geplaas word, vir die verwydering daarvan. Bourommel bly die eienaar se verantwoordelikheid om dit na die goedgekeurde stortingsterrein (Duinestortingsterrein),  weg te doen. Daar word ’n beroep op alle inwoners in  die //Khara Hais Munisipale regsgebied gedoen om nie vullis onwettig te stort nie en indien hul oortreders sien, hulle te rapporteer.
TOEKENNING VAN INFORMELE ERWE IN //KHARA HAIS REGSGEBIED
News artikels  
wp1ee6b07d.png

Hiermee wil die Raad van Munisipaliteit //Khara Hais meer inligting, aangaande die beleid vir die toekenning van informele erwe, aan die gemeenskap deurgee.

Die volgende riglyne is deur die Raad in plek gestel om ‘n meer deursigtige manier vir die plasing van begunstigdes op informele erwe daar te stel:

Alle inwoners in die //Khara Hais regsgebied wat ‘n behuisingsnood of ‘n behuisingsbehoefte het moet ‘n aansoekvorm by die Behuisingsafdeling van die Munisipaliteit invul.

Alle aansoekers moet aan die volgende kriteria voldoen alvorens hulle in aanmerking kan kom om op ‘n informele erf geplaas te word.

Getroude / geskeide persone, asook weduwees en wewenaars met afhanklikes.
Gestremde persone met afhanklikes.
Bejaarde persone (getroud of saamwoon) met afhanklikes.
Ongetroude pare (wat saamwoon) met afhanklikes.
Getroude persone sonder afhanklikes.
Moet ‘n Suid-Afrikaanse Burger wees.
Moet ouer as 18 jaar wees.

Die invul van ‘n aansoekvorm waarborg nie noodwendig dat die aansoeker op ‘n erf geplaas gaan word nie.

Na die invul van die aansoekvorm, word die aansoeker op die waglys geplaas.

Alvorens ‘n persoon op ‘n informele erf geplaas kan word, moet die volgende prosesse gevolg word:

Die wykskomitee tesame met die wyksraadslid moet deur die waglys van die betrokke wyk gaan, en ‘n prioriteitslys opstel.
Die prioriteitslys moet by die Behuisingsafdeling van die Munisipaliteit //Khara Hais ingedien word.
Indien daar beskikbare gedienste erwe is, moet die wykskomitee ‘n skriftelike versoek aan die Behuisingsafdeling rig om die betrokke aansoekers wat op die prioriteitslys sowel as die waglys verskyn op die erwe te plaas.
Die Behuisingsafdeling moet dan ‘n versoek aan die Raad-amptenare komitee rig (by wyse van ‘n item aan die komitee) om die persoon op die erf te plaas.
Na goedkeuring van die komitee, kan die amptenare van die Behuisingsafdeling voortgaan om die persone op die erwe te plaas.

Dit dien ook gemeld te word dat persone slegs op gedienste erwe geplaas mag word.

Vir meer inligting kan u die Behuisingsafdeling by 054 338 7172/1 skakel.
wp9824466a.png

wp503f807e.png

News and Reports

Orange River in Flood    Oranje Rivier in Vloed

Due to the recent rains in South Africa and specifically in the catchments areas of Gauteng and the Orange Free State, water has been released from the Vaal and Upper Orange River resulting in a rise in the water level of the Orange River at Upington.  The average depth of the river is 1.8 meters.  The depth on 31 January 2011 has risen to 7.1 meters.   The bridge over the Orange River on the N10 is still open to traffic.     Low lying areas are flooded and persons residing in these areas had to evacuate.   The Eiland Holiday resort is closed.   

PERSVERKLARING : 12/01/2011

 

Navrae: Patrick Williams (079 275 0088)

Styging van die Oranjerivier

 

//Khara Hais Munisipaliteit het in n persverklaring laat weet dat die huidige lesing van die watervlak 7.4m hoog is.  Die Departement van Waterwerke het kennis gegee dat die watervlak aansienlik sal styg as gevolg van sluise wat oop gemaak was by die Van der Kloof en Bloemhofdam.

 

Weerheens word alle inwoners langs die rivier oewer in kennis gestel om voorsiening te maak om diere en alle laagliggende pompe betyds te ontkoppel omrede die watervlak aansienlik sal verhoog.  

 

Die Noodplan van //Khara Hais Munisipaliteit is in plek en families wat getref was, was ontruim. Voorsorgmaatreels is getref om te voorsien dat families wat deur die vloed getref word gehuisves word.

Die Munisipaliteit vestig tans Twee en Twintig gesinne en diere.

Die areas in die //Khara Hais Munisipale gebied waar die meeste oorstroomings plaasgevind het is Pokkies Eiland, laagliggende gebiede langs die oewer van die rivier (bv. Sakkie se Arkie, Waterfront Gastehuis, ens.). Die moontlikheid bestaan dat daar ook ander areas geaffekteer kan wees.

 

 

 

Die beraamde koste rakende skade in en rondom //Khara Hais kan nie op hierdie stadium vasgestel word nie.

 

Geen elektriese krag onderbrekings en/of watertekortkominge was ondervind nie alhoewel gerigte versprei was dat daar waterterkorte sal wees.

 

 

 

Die //Khara Hais Munisipaliteit wil ‘n vriendelike versoek aan alle motoriste rig om nie op die Oranje-rvier brug stil te hou nie. Dit veroorsaak ‘n opeenhoping van verkeer en kan tot ongelukke lei.

 

Due to the recent rains in South Africa and specifically in the catchments areas of Gauteng and the Orange Free State, water has been released from the Vaal and Upper Orange River resulting in a rise in the water level of the Orange River at Upington.  The average depth of the river is 1.8 meters.  The depth on 31 January 2011 has risen to 7.1 meters.   The bridge over the Orange River on the N10 is still open to traffic.     Low lying areas are flooded and persons residing in these areas had to evacuate.   The Eiland Holiday resort is closed.   
wp2626dab9_0f.jpg
wpc2adc9d9_0f.jpg
wp877288c8.png
wp9183678e.png

IDP : Integrated development Plan for 2011-2012